Vind hulp

Onder normale omstandighede van die lewe trek mense soms swaar, maar die Covid 19-pandemie het verskeie individue en gesinne baie ernstig geraak: finansieel, emosioneel en geestelik. D.m.v. pastorale versorging, berading en fisieke hulp wil ons ons lidmate by staan sover ons kan. Ons hulp is egter nie beperk tot ons eie gemeente nie, maar reik ook verder na ons direkte gemeenskap of waar ookal die Here ons oortuig om betrokke te wees.
 
Kontak ons gerus deur die vorm hieronder in te vul indien jy hulp van enige aard benodig.